Jongste aktiwiteit:

Tuis in my eie huis (Silwer)

Die rots waarteen my binnebranders klots
het met jare erodeer
skandeer nou tekens van ‘n lewe geleef
deur geloof wat daagliks streef na hoop.

‘n Lewe mosbegroei aan twyfel en kwellings
(oor reg of verkeerd)
met ‘n vaste wil om alles te deursoek
die waarheid te wil weet.

‘n Wese diep geraak (aardskuddend gekraak)
deur fisiologiese denke
oor heuwels van opstand
deur dale van wegkruip vol vrees
tussen holtes en skeure met opgebergde lewenswenke
maar mettertyd kon ek wel arriveer
my menswees stilword en stabiliseer.

Ja …
my binne-ek grens soms aan gek
diep verward en ingeperk
maar deur al die seisoene se bloei, worstel en stoei
staan ek nog stewig en sterk

kon ek mettertyd leer aanvaar
talle onsekerhede uitklaar
ophou stoei, teen prikkels skop
weldra vrede vind hier in my kop.

En nou …
nou voel ek veilig en gekoester
geborge en beskut
weet ek … ek is waar ek hoort –
klop hier binne my ‘n hart van waarde
vol insig en wysheid as skat
diep gedelf en beleef
uit die bron van ‘n vrugbare lewe.

©Driekie Grobler




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed