verbrokkel
–
wanneer ouderdom
die veneer van hoogmoed
begin aanval en krake verskyn
kom die ewige verskonings
in aanvalle tevoorskyn
–
valse trotsheid
oor rykdom en eer
wat ander besmeer het
met armoede en seer
is ‘n kanker vanself
–
die jare wat tel
is die oudword-jare
voor deure van die hel
trotsheid verbrokkel
en word siele getel
–
©Teãrlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Die gedig herinner my aan die grappie dat in jou voor veertigs jou bekommer oor wat mense van jou dink, in jou sestigs dan besef jy niemand het eers aan jou gedink nie. Die tema gee aandag aan jouself… Dankie vir skryf