Jongste aktiwiteit:

boude en blaaie


skraal is hy, maar ses voet ses
staan hy stadig op van sy knieë
die rooibok oor sy skouers gebind
so stap hy teen die rante af
tot waar sy waentjie staan
niks van bakkie-jag vir hom
niks van hande wat moet dra
niks van rituele en disrespek
vol deernis vir skepping van God
waaroor hy moet heers en bestuur
‘n goddelike opdrag aan die mens
gebruik van dit waaroor jy heers
moet nie mors en verwoes
dit is vir jou gegee
net om te oorleef

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed