Jongste aktiwiteit:

dobbelsteen van volmaaktheid Goud

 

Ek huiwer aan die begin van nuut,

my lewe volmaak voltooid,

gister is slegs ‘n skim, ‘n dowwe glinster

op die horison

ek draai my rug op die onheilsgryns

en gryp die uitgesteekte hand,

in die krombak daarvan

‘n stel van twee,

die toekoms gooi sy dobbelsteen

en laat dit tuimel in ‘n volmaakte tien

 

© amanda de meillon

*nuutskepping

onheilsgryns  – wanneer iemand glimlag maar daar steek n donker agter dit

krombak – die vorm wat jou hand maak as jy iets daarin koester

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed