Vergete gisters
Elke korrel asem… gly deur gister se vergeet en boepens in sy oorvol gedagtes wat stroom korrel oor nou se toe en toe se nou Sou ek jou korrel-koggel kon omdraai om vergeet te herhaal – waar sou jy korrel in my verhaal? © Cornien Naudé 28/02/2019
Van uurglas tot wynvat
(goud) kitkat en chips en hanepootdruiwe eens had ek en my vriende sulke uurglasie se lywe maar wat sou dit baat om dit te ontken – tyd se verloop het die groot stryd gewen na dekades van eet en met ’n leeftyd belas kan byna almal van ons in leë wynvate pas want nou het […]
sug
my duin is in lente die golwe stu kalm voort meeue sit en kwetter by duisende malgasse belyn elke rots in swart rye water het lewe soos harders daarin swem elke seevoël vreet hom trommeldik op die strand spoel duisende skulpdiertjies uit en los hul huisies net daar begrawe hulself in nat sand lewe gaan […]
Van gister tot vandag
Die lug is helder blou, dis ‘n skoon sonnige dag. God het hierdie blou struktuur in die lug “hemel” genoem. Die groot man gryp sy blou rugsak, die groot man begin in die lug opstyg. Die vliegtuig gooi ʼn wye draai en vlieg toe stadig … Haar rok brand soos ‘n blou vlam teen die vaal […]
Môre se pad
As ek my môres kon mooimaak in nou se hart sou ek eers wag tot ons dryfsand stilraak in die uurglas; sodat ek net een heel korrel van daardie aand kan verewig voordat jou halfsirkels my toegroei en ek vergete in jou verlorenheid val ek sou tyd nie toelaat om leeg te loop oor my […]
Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]
Verraai
hoe verlos ek my van jou? hierdie katarsis wat nerf teen soet herinneringe, die kou wat kerf deur stiltes en rou – die durende besef: vir ewig verraai deur tyd, wat nimmer terug kan draai ©Erika Viljoen (Silwer)
Sielwand (Brons)
Deur die fyn glas van jou siel se wand piramide jou lewenssand, ontvang uit die Vader se hand, beloftes van die hemelkant. Noukeurig afgemeet: ‘n korrel of twee se leed, dubbele maat van seën, sewevoudigheid se vergeef, skoonwas se reën, ‘n graafvol van leer. Van die hemel se gee is jy aardsgebind. Nano-oomblikke gestoor in […]
TYD IS KOSBAARDER AS GELD
Geloof,gesondheid,liefde en tyd- hierdie dinge is kosbaarder as goud en BAIE meer werd as geld. Daar is ‘n spreekwoord wat lui ”:Tyd is geld.” Dit is gedeeltelik waar, want hoe harder jy werk hoe meer geld maak jy in die meeste omstandighede .Tyd is meer werd as geld. Wat help dit jy het ‘n klomp […]
Nommer Pas
Twee vriendinne gaan uit om klere te koop. Hulle het nodig om bekostigbare uitrustings te kry sodat hulle nie dieselfde klere meer as een keer ‘n week aantrek nie. Om elke Maandag dieselfde uitrusting te dra is een ding, maar om dit drie keer ‘n week te doen is onaanvaarbaar. Tog, om klere te vind […]