Jongste aktiwiteit:

Sielwand (Brons)

Deur die fyn glas van jou siel se wand
piramide jou lewenssand,
ontvang uit die Vader se hand,
beloftes van die hemelkant.
Noukeurig afgemeet:
‘n korrel of twee se leed,
dubbele maat van seën,
sewevoudigheid se vergeef,
skoonwas se reën,
‘n graafvol van leer.

Van die hemel se gee is jy aardsgebind.

Nano-oomblikke gestoor
in die onthou van nou,
word ‘n enkele dag se duur
en in die draai van die nag se uur
piramide jou lewenssand
teen die fynglas
van jou siel se wan;
ontvang uit die Vader se hand
‘n hopie sand wat loop,
of is dit sand van hoop?

Uit jou aardse bestaan is jy hemels gerig.

© CJ Laing – 27/02/2019




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed