Verraai
hoe verlos ek my van jou?
hierdie katarsis
wat nerf teen soet herinneringe,
die kou wat kerf deur stiltes
en rou –
die durende besef:
vir ewig verraai
deur tyd,
wat nimmer terug kan draai
©Erika Viljoen (Silwer)
3 Kommentare
-

Palet
Mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek – TYD