tien uit tien (Goud)
versnitwyn se vrugtige balans
word nie meteens geskep nie én
poësie moet veredel met tyd
…die nuanses van beide moet vestig
met veroudering…
daar vestig ‘n tien uit tien-tydloosheid
wat tergend vertoef
in die kulturele siel van die poësiepaap en
die fynbesnaarde fynproewer-palet
…beide tuiste van volrondheid en die perfekte tyd…
© Elmarie Nienaber van Kampen, 2026
*Neologisme – Poësiepaap: Soos die smulpaap ‘n lekkerbek is vir eetgoed, is die poësiepaap vir poësie
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.