
Spieëlbeeld van kleure
Sal ek skryf oor lief of leed
of van die see se blou
wat hoogskuim teen duine- rante
en oor die see
Die lank onthou se asem
op terug verlang se snare
en ja daar is hartseer in my are
saamgepers in gister se drome
Ek voel die winde
waai weg onder my hande
ek hoor die wolke
die lewe wys selde sy ware kleure
Ligstrale verhelder die skemer
en ek dink hoe die waarheid
slegs ‘n glinstering weerspieël
in die oog van ‘n dromer
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek