
Totsiens .
Ek skryf jou naam in die sand
Onder die doringboom se skadu.
Vat dagbreek aan die hand
sodat die wind jou weg kan waai.
Ek giet jou naam in ‘n stroom
wat grens aan die lowergroen bos.
Kabbel my siel liggies en loom…
Sodat jy vêr hiervandaan kan vloei.
Ek strooi jou naam hoog in die wind
saam met ‘n hand vol paardebloems.
Knoop my hart aan die son met lint
sodat jy kwyn in sy vervloude strale.
Ek begrawe jou naam onder ‘n berg
langs bloedrooi haakbosbloeisels.
‘n Laaste soen is al woord wat dit verg
Jou naam oor my lippe, nimmer meer.
© Carla Visser
3 Kommentare
-
Koekekranka
Diepsinnig en pragtig!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2017 – Oop projek