Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Liefde

‘n Somersdag deur ‘n kantgordyn

Deur Datum gepubliseer: 17 Oktober 2021 Hou van

daar was ‘n sagtheid daai dag-
amper so ‘n reinassance gevoel

karma posisie no 67
sweet op sweet
het ons lywe mekaar geheet

blare wat in die strate buite joel
die aarbei geur van jou lippe
asemdiep in die klopstamp van my hart

oomblike vlieg verby
met die klapwiek van tydlose vlerke

op ‘n kerk se dak is duiwe…

Oktober trane Silwer

Deur Datum gepubliseer: 15 Oktober 2021 1

Onder die treurwilger bloei ’n roos
Kromsteel opgedraai na die son
Tranespikkels
Oggenddou
Blink soos diamant
Elke roosblaar
Roesrooi druppelnat

Ingelegde Sterre

Deur Datum gepubliseer: 8 Oktober 2021 Hou van

in my drome swem gedagtes rond
ver in die hemelruim verby
reik ek uit na die sterre
en vang hulle een vir een
op die melkweg langs
waar jou hande my omvou
tussen wolke sweef ons heen

soos ingelegde sterre gebotteld
ons oë vasgevang flikkerend
glimlag ons breed vir mekaar
die soetsmaak van liefde
opgetower in ons samesyn
vir altyd…

Oupa se Wandelstaf

Deur Datum gepubliseer: 8 Oktober 2021 Hou van

enig in verskillende soorte
kry jy dit by die markte
vir jou om jou mee te stut
wie kon nou raai dat die ouderdom
jou so sal jaag
te kies en te keur
staan hul daar in die hoek
reg vir elke dag se gebruik

mag jy my wandelstaf wees
die dag as ek jou benodig
wanneer my…

Blinde staar

Deur Datum gepubliseer: 4 Oktober 2021 1

Die waaiende gras
na die huil van wind
uit ons wye plek wegkarwei
en by die plaashek vir my
engelduif gewag

maar sy het nie teruggekom nie

net ‘n blinde staar
wat is ek sonder haar ?

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 182 gaste aanlyn

Bydraes – Argief