Jongste aktiwiteit:

net see

Jy is die see wat die aarde regeer
Jou wit Metusalah baard breek oor jou klipperige bors
Jy’s dors want jou sout versadig nie
In jou onrus straf groei geen drome sonder slaap

Is dit lekker om die see te wees?
Te vat wat jy wil op jou eie ritme?
Om met die maan te dans wanneer die aandster hoog is?
Om die land te vertroetel of in storm te vergeld…

Liewe see wat vir Noag geken het
Jou wysheid hou geheime in jou boesem
Gebeitel in jou ewigheid tafferele van my spikkel tydslyn
Stort jy ooit ‘n traan oor wat jy al gesien het?

Soos jou eb soek ook ek
Na die land waar my spore tuis sal wees
Dans ek ook in die maanlig alleen
Spoel sout ook oor my duine
Voetspore wat my strand vervuil

Liewe see ek hou ook altyd aan storm
Ek vind ook geen rus waar my dieptes onverken is
Ongebonde gekerker op die soom van my drome spoel ek wild maar net tot waar die lyn getrek is
Ek breek op my eensame rotse as die wind my noordwaarts waai

Liewe Methusalah golwe
Kan jy my wys waars die land van ongetelde somers
Kan jy my saggies saamspoel sodat ek ook op ‘n wildeperd die wind kan vang en in my hande hou as lasso
Sal jy my land aanraak en met honger vingers my wegvoer na daar waar jy die son skelm soen

Net kulu




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed