Jongste aktiwiteit:

Takealot Bestelling

Beste Takealot

Kan ek asseblief ‘n boks vol liefde bestel
Die outydse soort wat nog goeie kwaliteit is
Die soort wat soos die weduwee se kruik is
Die soort wat op poskaarte pryk en mens laat smile

Liewe Takealot

Terwyl jy nou besig is verpak dit sommer in ‘n baal vol laglappers en giggeldories
Steek ‘n boksie verknogtgeid weg tussen always en forevers please
‘n lucky packet met ‘n hasiestert
Rig ‘n fabriek op want daars ‘n skaarste weet jy

Liewe Takealot

Omdat dit nuwejaar is en so kan jy gerus romanse gratis saamstuur
Onthou om dit op ‘n maanligaand op ‘n witperd te stuur met vonk in sy saal
Die outydse soort wat jou nooit weer laat gaan
Dit behoort jou syfers by die aandelebeurs ‘n stewige stoot te gee

Dankie vir u hulp in die verband en die goeie raad was ‘n plesier

net kulu




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed