Retoriek (silwer)
as ek blinkoog waag waar ander faal en dit word helaas ook my verhaal as my dapper drome my beskaam en ek druipstert terugkruip in my raam as ek sukkel om die blaam te vind in grootmenswaan dog ewig kind as ek die tuimeltrein leer ken wat net soveel verloor as wen is dit bloot […]
Sy hande is altyd daar (Silwer)
wanneer alles dan so vir die dolosse gegooi is en die leeg leër as leeg is wie houvas dan jou hart wat in pyn is wie droog die souttrane oor jou wang wie houvas wanneer die lewe jou selfverseker bang…? wie keerwal jou emosies wat tsunami oor jou uithou emosies wat lewens steel tussen […]
Betonduwweltjies (Silwer)
Dit was ‘n mooi sonskyndag. Die hemelruim se blou geskilder met ‘n nuwe potlood uit die hand van die Skepper. Geluide van die veervolkies getuig van harmonie in ‘n andersins deurmekaar wêreld. Ek stap energiek en vol lewe, gereed om die bul by die horings te pak, met ‘n lied wat borrel in my hart. […]
As die laaste dolos draai (Goud)
vanuit rimpelhande tuimel versteende bene oor ’n bokvelmatjie neer wyl die Inyanga se goëlgesange teen die hange van Mapochsberg uitbeur daar, waar ‘n vroeggebore baba tussen dood en lewe draai sal haar voorsate se geeste die septer nogeens in sý guns ook moet swaai onder die awendster se wakenede oog hou sy die klein lyfie […]
Aankondiging
rondom ń leer ingevulde raadstafel waar goud die rooi omlyn staan baie chrome stoele ondersteun deur Sjina wieletjies rond en bont ń hoëtroustel verseker suiwer klank almal kan duidelik hoor maar frons in onverstaan klap dan hande vir die baas die baasboodskappe weerkaats in grynslagte die onverstane is nou uniform ingeënt in ons sisteme
Haweloos
kinders speel pop droog maak saam boomklim, paaie bou dan stadig raak plesier leë kompetisiewerk klein klein is almal maters hoe ouer hoe meer kompleks deur dit alles stamp ons winkeltrollies half vol na dié betaalpunt later as jammergatte in vlenter mode klere klop ons van deur na deur waar die eienaars lag en deure […]
tussen vrede en onmin (SILWER)
tussen vrede en onmin die hand het die dolosse geskommel hul vinnig uit sy hand geskiet om te val tussen die boom en die bas een-vir-een het die bene stil gelê die stof het nog in die lug bly hang daar waar daar eens vrede was het ‘n bloedstollende stilte weergalm daar waar […]
Kerrie-afval en speelgoed.
Kerrie-afval en speelgoed. Volgens die woordeboek is ʼn dolos ʼn beentjie in die hakskeengewrig van ʼn dier wat as waarsêmiddel gebruik is of ook gebruik is as speelding vir kinders. Die voortrekkerkinders was nie so gelukkig soos vandag se kinders met die luukse van speelgoedwinkels en tegnologie nie. In die Voortrekkers se tyd was […]
Môre wag vir jou (Goud)
Net voor skemer val het sy drie van haar dolosse laat rol vandag se rug was reeds gebreek gister het in fluisterstemme met benewelde klanke saam met die talisman in haar kop begin dans een skenkelbeen het weggerol twee werwel stukkies het stil gelê “môre wag vir jou my kind” het die laaste sonstraal oor […]
Hoe om ‘n digter dood te maak. (Goud)
Om ‘n digter dood te maak kan nie maklik wees nie gif kan nie woorde wegmaak nie verwurg kan nie stilmaak wat reeds geskryf is nie skiet kan nie kolskoot die waarheid wegsteek nie ‘n mes in die rug is té digterlik daar is net een manier om ‘n volwaardige digter dood te maak gooi […]