deur Colin vir Februarie 2024 - Dolos projek, Gedigte Share: verwante: Reënweer op die Vlakte Woordstring 29 Februarie 2024 578 gesien 1 Kommentaar 0hou van Retoriek (silwer) as ek blinkoog waag waar ander faal en dit word helaas ook my verhaal as my dapper drome my beskaam en ek druipstert terugkruip in my raam as ek sukkel om die blaam te vind in grootmenswaan dog ewig kind as ek die tuimeltrein leer ken wat net soveel verloor as wen is dit bloot die voorsienigheid wat my kom toets in lag en stryd of het die dolosse geval tussen heuningbier en nastergal? Rapporteer inhoud Issue: * Kopiereg inbreuk vuil taal Ongeldige Inhoud Your Name: * Your Email: * Details: * Handig verslag Vorige volgende
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Februarie 2024 - Dolos projek