Maandag heel week lank
Maandag heel week lank
Vandag voel
soos vakansiewasgoed:
opgehoop,
en niks
kom klaar nie.
Die wind waai
ook op sy beurt
alles deurmekaar.
Kan een vakansiedag
werklik die res
van die dae
laat slaap,
en vir Maandag
die kans gee
om die hele week
te pronk as baas?
Dalk lê Vrydag
onder in die wasgoedhoop.
Vir vandag
probeer ek my bes
vir net ‘n bietjie hoop.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.