Jongste aktiwiteit:

Dit was toe jy wat die boer kom vang

Dit was toe jy wat die boer kom vang

 

Ek onthou jou van jare terug. Ek was tien, jy al twaalf.

 

In die tuin het ons gekamp, jou lappop was ook saam. Sy het op my groen fiets gesit.

 

Jy was nogal skaam, ek was ook. Bloos, bloos het ons broodjies gemaak, kaaitjie botter en ook stroop.

 

Iewers neem die lewe ons as maaitjies weg. Jy neem toe nog my hondjie saam en vra: Is dit reg?

 

Jare later, voor die poskantoor, het jy wraggies weer met my hart kom toor.

 

Jou pa het gesê dit is reg. Nou vra ek jou of jy die res van jou lewe saam met my vir liefde sal veg.

 

Hier op ons eie stoep sit ons as man en vrou. Met ’n nuwe hondjie wat behoort aan my en jou.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed