Jongste aktiwiteit:

Onthou jy…

Onthou jy nog die dae van oud
‘n wêreld van vryheid en eenvoud

Van kinders op ‘n skoppelmaai
en aai aai die witboskraai

Oumensies met boereraad
die stokery van hakkiesdraad

Toe almal nog wou kaskar bou
oor damme swaai met weermag-tou

Kleilat in die bos kon speel
‘n loesing kry oor vrugte steel

Jou sente spaar vir kougom koop
met ‘n oorgroot tas nog skooltoe loop

Toe troebadoere nog kon aanklop
vir ‘n slaapplekkie en groentesop

Toe oupa nog jou hartsnare roer
met sweet en bloed en liefde boer

 

© Carla Visser

 

(Hakkiesdraad is ‘n tipe mampoer)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed