Jongste aktiwiteit:

DIE PIENK HOED

DIE PIENK HOED

het ‘n hoed gesoek
maar siamees gedagtes
plak ‘n pienke soos ‘n heilo op my kop
deurmekaar emosies bymekaar gegryp
hier waar ek nogmaals
voor jou bed moet staan
‘n slap verlepte hoed
versier met ‘n kitch kunsblom
‘n duif se veer
beverf met ‘n pou se pronk
probeer so hard die werklikheid versag

ek moet die prentjie voor my absorbeer
ek moet probeer om nie te reflekteer
moet keer dat dit jou weer sal tref

Liewe Here vang tog my deurmekaar gebed
in hierdie pienk bedryf se bol
deurweek met trane-
al wat ek het om U te bied

ontwoord
ontraad
ontsteld

verslae

© Barbara Smit – 4/11/2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Christa D het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tearlach het ‘n nuwe publikasie gemaak