Jongste aktiwiteit:

– KLIPPIE

KLIPPIE

Klippie…
in die middel van my heelal
in die middel van my bestaan
weet presies waar is ek uitgehaal
net U weet waar ek heen sal gaan

klippie…spring…
oor en oor gesê ek kan
keer op keer gefaal
aan vele versoekings blootgestaan
my sondes groot en rond gebaal

klippie…spring…spring…
U woord deur my gedagtes draal
vergifnis om my in ‘n wentelbaan
en as die klippie in die water val
dan rimpel die blink van die maan

klippie…spring…spring…spring…
my wange vol berou getraan
ek sweer dit was die laaste maal
die keer sal ek vas bly staan
die keer sal ek sukses behaal

klippie…spring…spring…sink…
al wyer kring oorwinning se blink!!

© Barbara Smit – 10/11/2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed