Jericho
toe Israeliete op bevel van hul God met ritmiese voete stamp om jou stap het die ramshoring jou einde aangekondig het jou skans mure in stof en as getuimel jou hele verdediging en al jou inwoners verwoes, uitgewan, vir altyd verower tog het Rut, ‘n heidense vrou uit jou gekom om die alomteenwoordigheid van God […]
Nog ‘n pakkie tyd (Goud)
die tyd het aan my deur kom klop net na middernag gisteraand deftig uitgevat met pluiskeil en manel staan hy op my drumpel om sy storie te vertel ek nooi hom in vir koffie maar sit die wou hy nie hy’s bietjie besig so sê hy en die ritme in sy houding tik hier reg […]
Vrede is met tyd bemoei (Goud)
in hierdie mooidag-môre waar die duiwe lustig koer en die hadidas lawaai waar die dikkoppies in vrede sit en waghou vir ‘n maat waar die hemelbome bresse slaan vir die winde se gedraai en die rustigheid sy odes oor die liefderyk kom saai is daar ‘n ander dagbreeksone in vrese vasgeblaai waar kinders in hul […]
oorlog in my hart (silwer)
oorlog in my hart daar’s ’n veldslag in my hart waar skote oorverdowend knal opslagkoeëls slaan vas in vlees wat menige kryger sal laat val eggo’s slaan teen my kamers vas keer dan terug vir ’n tweede hoor net toe jy ’n swakheid bespied het ek die oorlog klaar verloor jy het dooierus op my […]
om arm te wees
finansieël onaktief op die staat se genade bankrot – arm in skande arm van menslike hulpbronne arm van gees tot armlastigheid arm tot hoop-verloor-se-vlakte ouderdom is nie vir sissies nie so is arm wees nie vir elkeen om arm te wees kan ‘n leefwyse word oorgelewer aan ‘n wrede samelewing en jouself om werklik armlastig […]
‘n Stukkie hemel in Namakwaland.
‘n Stukkie hemel in Namakwaland. Ek onthou die eerste keer wat ek Namakwaland as ‘n kind besoek het. Dit was ‘n familievakansie, en ek was nie ouer as tien nie. Ek het die hele lang pad in die agterste sitplek van ons ou, roesbruin kar deurgebring. Tussen die spelery met my sussie het ek gemerk […]
maak reg wat krom is
maak reg wat krom is geskryf deur Dale Penderis © kLop klop disselboom ʼn handvol gerwe en ʼn valse kroon nege vrot vrugte vir ʼn omgekoopte loon gifappels en demone engele sonder krone uitgespeende bittermelk koeie van basan ongelyke dobbelstene agterryers van laban ontblind ons vir die waarheid saai die mosterdsaad geil om ons vuil […]
Weskus Lente
Weskus Lente Julanda Getrou aan sy naam, is die Kaapse wewer besig om huis te bou vlak by die glasskuifdeur van die sonstoep. Met vaste voorneme het hy een middag ʼn stringetjie gevlegte gras kom vasheg aan ʼn slap tak van die karee wat byna die hele agtertuin in beslag neem. Sonder om hom te […]
alles gegee
tussen die blond en die blou staan ‘n vrou en kinders en rou teen die gebergte staan die wit kruis aan die voet daarvan lê lewens vergruis is een keer ‘n jaar genoeg om te onthou hoe ons elkeen van hulle kon vertrou almal het hul alles vir ons gegee dalk moet ons meer tyd […]