alles gegee
tussen die blond en die blou
staan ‘n vrou en kinders en rou
teen die gebergte staan die wit kruis
aan die voet daarvan lê lewens vergruis
is een keer ‘n jaar genoeg om te onthou
hoe ons elkeen van hulle kon vertrou
almal het hul alles vir ons gegee
dalk moet ons meer tyd bestee
want die slagting duur voort
hulp kom slegs uit een oord
op ons knieë sal ons staan