Ek wil deur jou storm breek
ek wil my woorde
soos ‘n vlamrooi klimop
teen jou latwerk laat rank
jou siel met Picasso-woorde
op die sagte moeseliendoeke
van jou oog se kyk verf
deur die vloed van jou drif
wil ek oor branders loop en
D A N
deur jou storm breek
waar ek in jou wese
(asemloos en stil)
anker gooi
©Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
-

Kiekies
Hierdie vers praat met my: deur jou storm breek waar ek in jou wese (asemloos en stil) anker gooi
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
anze in elke werk van jou kom jou prag talent na vore