Jy prikkel my sintuie
ek proe jou naam
in die wasem van
purperwinde wat
soos engelvlerke
oor duinesand
vloed
in die soet reuk van
wilde jasmyn en
blou vergeet-my-nietjies
maak ek gerwe
doudrup-onthou
met kringe van ‘n
fluweel son vas
‘n kyk gevul met
heide-drome wat
laatmiddag deur
oker-wolke huppel
om so die horisonbeker
in my irisse oorvol
te skink
soetklanke van
nagmusiek speel
saggies ‘n sielslied wat
my hoor minlik tokkel
op klanke van ‘n geswelde
oorryp pers druiwetros
terwyl die vat van jou hand
my weereens na ‘n land
van melk en heuning lei
©Anzé Bezuidenhout
4 Kommentare
-
Barbara
Sjoe!!! Dis verskriklik mooi!
-
Kiekies
Pragtige uitstekende vergelykings!!!
-
Amaspoke
Uitstekende skrywe.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
absolute pragwerk Anze