Jongste aktiwiteit:

As die wind sal waai

As die wind sal waai

Ou blikdam, staan amper al ‘n honderd jaar. Plek-plek het hy geroes, gaaitjies soos ‘n sif.

Met boer se raad is die dam gelap. Sy sente moet hy vir nou eers raap en skraap.

Hy het alles probeer om die dam weer sy eer te gee. Gelap en geseël met gewone wit kalk se klei.

Reën wag nog soos ‘n groot droom, terwyl die wind iewers op die vlakte sterf.

Hier staan die ou dam en bid saam met die boer vir ‘n druppel water en wens die wind wil die windpomp net ‘n bietjie seën.

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed