Hier op my stoep
Hier op my stoep
Die oggend is nog stil van die geskarrel van ‘n mens.
Natuur maak sy diere wakker.
Ek sit en lees dit wat uit die mens se hart wil wees.
Party is verlief, ander treur en sommiges is dankbaar.
Daar is dié wat net speel met woorde, soos ‘n kop wat iewers verdwaal het en sukkel om te praat.
Hier op my stoep sien ek die vreemde se hart, asof ek hulle ken.
Mense deel en komplimenteer, help mekaar reg en dan, ongelukkig, is daar dié wat net smag na eer.
Daar is dié wat nog ink en self kan dink.
Tussen hulle is rowers wat net ‘n titel sou uitdink, en die nuwe gogga doen die werk.
Maat, vir jou wat jou hart op papier neerpen en met die wye wêreld dit deel, wil ek dankie sê.
Dat jou woorde soggens op my stoep my nuwe dag inkleur.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.