nou noem hulle ons bejaard
nou noem hulle ons bejaard
ses kinders het ons huis met lag kom vul,
vandag loop elkeen hul ’n eie pad
ons ken die grootmens én die kind in hul,
onthou die wange, soms van trane nat
die oudste reeds twee-en-veertig, hoe vlieg tyd!
ons “baba” vyf-en-twintig, lank reeds groot
nou heet ons glo bejaard, sowaar ’n feit;
ons lag, daar’s heelwat lewe in dié boot!
die huis is stil en soms staan ek by die ruit,
maar elke kuier bring weer ’n storie saam
hul skrop hul eie neste en leef hul drome uit;
en in die wêreld maak elkeen sy eie naam
ons nes is leeg, maar kyk hoe vol dié lewe:
meer as wat ons kon droom, aan ons gegewe
©MarleneErasmus
24/10/2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.