
kleinste (Silwer)
ek was die kleinste
van my pa se kinders
ek het skape opgepas
my hande het orrel
en harp gespeel
.
maar Hy wat Here is
het Sy engel gestuur
om my as koning te salf
my broers was almal
groot en sterk
.
die Here het nie
behae in my broers
gevind nie, maar vir my
het Hy uitverkies
.
ek het goliath ontmoet
hy het my besweer met afgode
maar ek het hom tussen die oë
met ‘n ronde klippie getref
.
die Here was met my
toe goliath dood neerslaan
en ek met sy eie swaard
hom onthoof het
.
so het die Here
my krag en wysheid gegee
om die eer van my volk
daarmee te herstel
.
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek