onmiddelik genees (Silwer)
onder die swaar kruis
breek smeekstemme deur
twee blindes smeek onbedaarlik
dit ruk Sy binneste van meegevoel
dan staan Hy stil en steek Sy hand uit
vra hul wat hul wil hê: “om te kan sien”
sonder om te aarsel raak Hy hul oë aan
sonder enige seremonie of instrument
en dadelik kon hulle weer sien
die wêreld om hulle gaan oop
alles wat hul oorheen nie kon sien
dadelik volg hul Hom in die menigte
wat Hom vergesel na Sy kruisdood
maar vir ewig Sy geestelike dissipels
wat Hom aanbid as Verlosser
so groot is my Here
wat in diepste pyn en smart
Sy eie lyding ignoreer
om die wat ly te red
daarom aanbid ek Hom
as my enigste Verlosser
wat mens was en tog ook God
©Teárlach
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek