INK MODERATOR/ EVALUARINGS-KRITERIA
Beste INKers Ek het besluit om die evaluerings-kriteria wat ek inspan met julle te deel. Dit mag dalk net help wanneer jy jou volgende inskrywing aanpak. GEDIGTE: 1. Beeldspraak en taalgebruik: Hoe kragtig, oorspronklik en treffend is die beelde, metafore en woordkeuses? Goeie poësie skilder lewendige prente of roep sterk emosies op met presiese, kreatiewe […]
Vlerke.
Vlerke. Die trein fluit altyd om kwart voor sewe in die oggend. Babie weet dit, want sy sit elke oggend op dieselfde afgeskilferde sementtrap voor hul spoorweghuis en wag. Haar twee kaal voete rus op die koel grond, en haar oë, blouer as die somerlug ná ’n bui reën, staar na die horison waar die […]
Ben en Generaal Brul.
Klein Ben was ses jaar oud en vol lewe. Hy was ’n baie brawe seuntjie – behalwe as dit by die plaasdam kom. Die dam was groot, omring deur hoë riete wat in die wind gesuis het. Vir meeste kinders was dit die ideale plek om in die somer se hitte af te koel, met […]
Goue Herinneringe van Upington.
Die son luier op die horison van Upington en met sy goue strale vang dit klein stofdeeltjies vas. Die dorpie is geklee in ʼn goue sluier. Lien Meiring staan langs haar rooi Mini en kyk uit oor die vaal, verlate stofstrate. Haar hart voel vol weemoed as sy om haar rond kyk na bekende tonele […]
‘n Laat Kersfees
‘n Laat Kersfees Brons Toe die deurklokkie lui, spring klein Klasie op om te gaan oopmaak. Dit moet Kersvader wees. Mamma het gesê hy kom vanaand. Maar groot egter sy ontngtering toe dit twee polisie-offisiere is wat voor die deur staan. “Goeie dag seun, is Mamma tuis?” “Ja oom. Sy sit in die sitkamer. Ons […]
Muismolles by die tandmuis se huis
Muismolles by die tandmuis se huis Dit is vroeg in die oggend. Buite is die sonnetjie stadig besig om oor die plaaswerf te loer. Die haan skud sy vere reg, haal diep asem en kraai dat die hele werf wakker skrik. Traag staan die hennetjies en die kuikentjies wat lekker warm onder mamma geslaap […]
Reënboogtrappertjie
Klasie, die reënboogtrappertjie, sit op ‘n blinkblaar-wag-‘n-bietjie tak. Hy skuif sy lyfie sodat die blare hom amper toe maak. Hy wag en wag. Hy is sommer baie honger. Hy hoop dat ‘n by of ‘n vliegie of een of ander vet gogga hier naby hom sal kom sit sodat hy dit kan vang. Die gewag […]
held vir jou seun
van kleins af was jy ‘n optimus ten spyte van siekbed op siekbed telkens opgestaan met nuwe ywer hoe flou en gebroke ook al voor in die koor by uitdagings dikwels in die sop beland daaroor gereeld die platriem moes proe ook daaruit opgestaan met trots later as ander groot geword ook maar deur eie […]
Sokker in die Bosveld
Sokker in die Bosveld Charlie miskruier wou nog altyd ‘n sokkerspeler wees, maar waar kry hy tog ‘n sokkerbal hier in die Bosveld? Eendag loop hy deur die bos en sien ‘n groot hoop mis in die paadjie lê, in die middel daarvan lê ‘n perfekte ronde balletjie! Charlie duik Kop eerste in en rol […]
Waar is my kous?
Het jy al ooit gewonder wat word van daardie kous wat nooit van die wasmasjien af terug kom nie? Dirkie se kouse woon in die onderste laai van sy kas. Daar is die grys kerkkouse, Klaas en Koos en die lang rugbykouse, Rudie en Ross, en ook pretige kouse met kolle en dinosourusse op, Japie […]