Jongste aktiwiteit:

‘n Laat Kersfees

‘n Laat Kersfees

Brons

Toe die deurklokkie lui, spring klein Klasie op om te gaan oopmaak. Dit moet Kersvader wees. Mamma het gesê hy kom vanaand. Maar groot egter sy ontngtering toe dit twee polisie-offisiere is wat voor die deur staan.

“Goeie dag seun, is Mamma tuis?”

“Ja oom. Sy sit in die sitkamer. Ons wag vir Kersvader, oom.”

Die polisieman sug saggies en streel Klasie se kop.

“Dis lekker. Maar kan jy Mamma dalk ou vir my gaan roep asseblief voordat hy kom.”

“Ja oom, ek maak so oom.”

Konstabel Kotze sluk swaar aan die knop in sy keel. Dat hy nou die een moet wees wat op so ‘n heugelike dag die tyding moet kom oordra.

Dan verskyn Klasie se ma voor die deur.

“Mevrou de Lange?”

“Dis reg ja. Waarmee kan ek help?” Klasie staan langs haar.

“Mevrou, mag ek asb. alleen met u gesels?” Hy beduie met sy oë na Kkasie.

“Ja natuurlik. Klasie, gaan wag daar binne by die ander. Kersvader sal seker nou nou hier wees. Ek wil net gou met die oom gesels. ”

Toe Kkasie wegstap, maak die konstabel keel skoon voor hy begin praat.

 

Binne by die kersboom sit Klasie en sy ouer sussie, Klarabel, sy jonger boetie, Pietie en ouma Lenie, oupa Frans en twee tannies. En almal sit en wag in spanning op kersvader se koms, veral Klasie en Pietie. Hulle is veral ook opgewonde oor hulle pa wat later by hulle gaan kom aansluit, hulle pa, wat vir ses maande oorsee was. En hy het belowe hy bring iets saam.

Toe Annetjie, hulle ma, ‘n paar minute later by die vertrek inkom, merk oupa Frans dadelik op dat daar fout is. Sy is doodsbleek. Voordat hy kan reageer, reageer sy, snikkend:

“Kersvader kan nie meer vanaand kom nie, kinders. Hy…hy was in’ n ongeluk.”

Binne oomblikke verander die toneel in die sitkamer. Die grootmense verdwyn skielik en laat die kinders alleen en onseker van wat om te verwag voor die kersboom. Die liggies flikker vrolik, maar dit is nie dieselfde nie. Daar is geen presente onder die boom nie. Hulle pa, kersvader, sou die geskenke by sy broer se huis gaan optel het. Dan sou hulle twee saam gery het en dit kom uitdeel het. Op pad na sy broer se huis was Klasie se pa egter in die ongeluk. Maar Klasie en Pietie verstaan daarvan niks en Pietie begin huil. Klasie probeer troos.

“Toemaar Boetie. Pappa kom darem. nog en hy het mos gesê hy bring vir ons presente saam. Ons sal darem nie niks kry nie.”

 

Later daardie aand sit Annetjie by die drie kinders in die sitkamer. Klarabel is al oud genoeg om te verstaan en sy weet. Maar die twee seuntjies vra vrae wat Annetjie nie kan antwoord nie. Hulle wil weet oor kersvader se presente, of sy bokke seergekry het en baie ander vrae. Dan wil hulle ook weet hoekoom hulle pa nog nie gekom het nie.

Teleurgesteld gaan hulle later bed toe. Kersfees is nie meer dieselfde as ander jare nie. Gewoonlik word daar gelag en gesels, almal speel met hulle geskenke en daar is altyd baie lekkergoed om te eet. Maar hierdie jaar is daar niks. En Klasie voel ongemaklik en huil homself aan die slaap.

 

Die volgende oggend maak mamma hulle vroeg wakker en aan die etenstafel deel sy met hulle die nuus.

“Pappa kom nie meer huis toe nie. Hy… hy is dood.”

 

Ses dae later en twee dae na die begrafnis, sit die familie weer om die tafel en weer is daar ‘n klop aan die deur.

“Klasie, wil jy nie gaan oopmaak nie.”

Pietie skree opgewonde toe hy kersvader saam met Klasie die sitkamer sien binnekom. Met sy sak vol presente. Ses dae te laat vir Kersfees, maar’ n gesin wat steeds kersfees vier. Presente word oopgemaak, maar gesigte is strak en hartseer. Daar is vir pappa ook ‘n paar geskenke en mamma berê dit in haar kas in die kamer. Sy is hartseer, maar tog ook dankbaar. Dit is hoe haar man dit sou wou hê, want die lewe moet aangaan. En Klasie wonder watter geskenk sy pa vir hom sou gegee het.

 

©️HENN

 

 




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Marlene Erasmus het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • HENN het ‘n nuwe publikasie gemaak