Vat maar hande
Vat maar hande
Vat maar hande my ou maat
die kleur sal jou tog nie skaad
ons stry almal vir vrede
jonk en oud in die verlede en die hede
want vrede word diep in die hart gevorm
midde die taal- en kultuurstorm
reik uit na jou medemens
dis tog die Vader se wens
sorg vir die armes en die alleensiele
die kaalvoetlopers en dié sonder wiele.
Hoe kan ons ‘n snytjie brood weier
vir een wat om ‘n warm konka luier
óns wat om die potte van Egipte kuier
en van oorgenoeg voggies steier?
Ons is uniek en tog dieselfde
almal mense met ‘n behoefte
ons streef na ‘n beter plek om te lewe
‘n toekoms en geluk is waarna ons strewe
hou op klou aan die foute van die verlede
klou eerder aanmekaar en bou aan ‘n beter hede.
C Diederiks ©
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Januarie 2024 - OOP projek