WILDSPASTEI (INGEWY)
(Resep Gedig vir Giel Visser en sy geweer)
Hierdie bok vleisies behoort genoeg te wees vir 4 – 6 mensies.
Tyd is egter ietwat lank,
so lees jou koerant solank op die bank.
Voor jy daar loop sit en lees,
hierdie moet eers alles in die stoomdrukker wees:
‘n Halwe botteltjie koljander
3 skutte Naeltjies
Dan gooi jy ‘n hele koppie varkvet in,
nog ‘n koppie bruin asyn, glad nie verdun.
Sout en peper skud jy sommer so proe-proe
Gooi die vleis in en maak die deksel toe.
Die stoompot sal jou roep,
gaan lees jou koerant sommer op die stoep.
Daardie vleisies konfidireer,
baie lank met koljander, sommer oor die en iets ander.
Dan draai jy die plaat tot op prut,
voor jy weer op die stoep gaan sit.
Maak seker so na een uur,
of die vleis-vergardering gaan langer duur.
Sit dan maar weer die deksel op,
en gooi vir jou ‘n lekker dop.
Wanneer die konferensie tot ‘n einde kom,
haal die pot af, sonder om te brand.
Krap die vergardering in ‘n bak,
haal jou gekoopte degie uit die sak,
en dan word dit oor die vleis neergeplak.
Smeer dit met eier, rond en bont,
bêre dit in die oond, jys mos so gewoond,
soos altyd die 180 grade ding,
laat enige pasteitjie sing.
Wanneer dit goud bruin vertoon,
maak jou tafel skoon,
en dek dit dan mooi,
gooi solank slaai in ‘n mengel bak.
nog malva stroop oor jou gaar patats,
dan druk jy die rys in bolletjies op die bord,
maak jou gordel los…..
want hierdie is lekker kos.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.