Jongste aktiwiteit:

EK GAAN VIR OUMA SE

Die groot bid gees in die familie,
wat daar Bo vir ons die praat werk doen,
ek gaan vir haar sê…..

Ek gaan vir Ouma sê,
ek gaan vir haar sê wat hier gebeur,
sy moet kyk hoe dit hier lyk.
Sy het ons geleer,
dat niemand weggooi goed is,
dat mense-lewens kosbaar is,
en dat bid alles regmaak.
Sy’t gesê: “God is groot en God is goed”.
En nou is dit hulle wat jou oordeel,
wat jou weggooi en heeltyd laat boet.
Vingers wys en almal bepraat,
is skynbaar die nuwe geloof?

Ek gaan vir Ouma sê,
dis nie wie ons is nie!
Soos sy ons geleer het,
so gaan ons bly.
Niemand oordeel nie,
mense nie weggooi oor ‘n
merk, ‘n streep of oor ‘n sny.
Die wat wil Bybel lees, kan so doen,
die wat nie wil, sal ek met my
leef probeer versoen.

Ek sal vir Ouma sê, my kind,
sy sal daar Bo sowaar
‘n toi-toi begint…..
Laat die sogenaamde heiliges,
eendag hulle eie oordeel verduidelik,
intussen leef jy met Oupa se verstaan,
Ouma se bid.
Dis tog eindlik wat in jou bloedstroom sit.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed