Stella
Stella
’n Vrou van bitter ver. ’n Gesig sonder ’n stem.
Haar syferwoorde tref my hart, onwetend vat sy elke dag my hand.
Waaroor ook al ek met my woorde loop, volg sy saam.
Of ons aan die deur van gister klop of oor môre lag. Soms gaan vee ons die hart se trane af.
Stella volg my keer op keer, min het sy geweet dat sy my woorde vlerke gee, al weet ek ek moet by die wyses nog so baie gaan leer.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.