Soos skepe in die hawe
Soos skepe in die hawe…
Stilte hang oor die vlaktes. Die son doen sy werk om die aarde te skroei.
Hitte bou op, damme raak al leeg.
Sou die wind tog net die wolke wou beweeg.
Op die horison pak die wolke saam, party groot, ander klein.
Soos skepe in die hawe lê hul ver op die horison, wag vir die wind om hulle nader te blaas.
Sou die wolke die hitte net kon kom verdrink en die natuur seën met water van geluk.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.