Jongste aktiwiteit:

Wanneer die hemel seën

Wanneer die Hemel seën

 

Geel gras breek onder my voete, die damme leeg, diere smeek.

 

Ek hoor die gebed van oom Habakuk — die kampe, die wingerde.

 

Hitte bou op, bome hang, selfs die blomme hier en daar se koppe hang.

 

Donker wolke kom hang oor my. Asseblief, Here, gaan ons nie vandag verby nie?

 

Druppeltjies val, sand ruik nuut. Eers stadig en dan skielik begin die Hemel ons seën.

 

Ek hoor oom David bid. Ek voel hoe stap ek uit die doodskaduwee.

 

©️ Ryno du Plessis 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed