Jongste aktiwiteit:

DIE HUISBESOEK (GEDAGTES)

Die verlede kom doen huisbesoek vandag
en ek is nie reg nie
ek jaag eers die maer skape van my gedagtes veld toe
en praat mooi praatjies
met die lewe se aanstap melkkoeie
wat die room van menswees vir my moet bring.

Ek help die nag om sy slaapplek
tussen die skurwe vingers van die dag te vind
voordat ek my wakis klere aantrek
en die verlede hand groet op my gedagtes vloermat
wat huisbesoek kom doen in die dorsland van my hart.

Ons praat koud blaas praatjies
oor die vulkaanstoom van my lewens koffiebeker
terwyl die maer skape van my gedagtes groen voer kry
en die aanstap melkkoeie vars melk aandra
vir die huisbesoek




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed