
DIE DAG VERLAAT MY HUIS
Ek loop die dag se stof op my voorstoep raak
en soek die woordeboek
waaruit ‘n digter woorde alfabeties mooi kan maak
Ek laat die son sy druipstert loop begaan
al agter die nag se voorosse aan
en flikflooi met die Aandster
wat sy wit lig in die hemelnag ontdooi
Ek druk die voorstoep skakelaar onseker aan
om grou te maak tot lig
en glimlag met die asters in hul hoepel houers
met blos op hul blaar wange
wagtend vir ‘n verdwaalde bruidegom in die nag
Ek loer deur die spinnerak takke van die wilde struike
na die straatligte wat onseker half bedaard
hul neon lig bomme op die teerpad
vir ‘n alleen loop mensie laat
Ek soek die dag se weggooikind se warm laggie
in die skadu’s op my agterstoep
te lank gedraai
want hy lê al lankal opgekrul
in ‘n hoekie op my voorstoep
met sy vuurvliegiekombers gekooi
My stoep verdonker
en die dag verdrink in die nag se swart stormgolwe
en met my mond getrek tot glimlag
weet ek dat ons môre
weer deur my huis sal stap…
5 Kommentare
-
-
Koekekranka
Doodeenvoudig net pragtig!
-
Inkmoderator
Besonders. Mooi beelde. Ek sal graag saam jou daaraan wil skaaf. Nie veel nie, net 'n paar klein dingetjies. Gesels gerus hier as jy wil. Groete
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Hierdie is seker jou mooiste gedig wat ek nog gelees het.. dis pragtig!!