Jongste aktiwiteit:

begrip

 

 

begriploos staar hy

teen sy ooglede vas

waar dit vasgenael

onder sand nog skuil

 

“my volk gaan verlore omdat hul nie kennis het nie”

 

elke dag se geswoeg om kop bo water te hou

om maar net genoeg geld te verdien

om die brandstof tenk vol te hou

sodat jy heen en weer kan ry

werk toe en terug

om daarna weer te begin

met elke tenk geledig

kom weer die stryd

waar gaan die geld heen

wanneer gaan daar weer geld wees

moet ek ook maar vlugtelingstatus eis

ook maar hierdie land vaarwel toe roep

inherente wysheid sê: “gaan, en vermeerder”

dan kom die vraag: “Vlug jy uit nood, of wit brood”

 

“Waar sal ons hulp vandaan kom – Van God alleen”

 

verslonsde mens, in jou hartewens – versake

vandag is die eerste dag, van die res van jou lewe

verbly jou, maar wees getrou – wees paraat

teen elke sluwe aanval op jou siel en liggaam

 

“As Hy met jou is – wie kan teen jou bly staan”

 

© Tearlach.

 

 

 

 




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed