Ek onthou nog vir oom Jan
Ek Onthou Nog vir Oom Jan
Ek onthou nog vir Oom Jan.
Kon hy nou vir jou’n storie vertel.Hy kon hom haal, keer op keer, daar ver amper op die draai.
Snuifblikke en sakdoek kan ek goed onthou.
Wanneer hy lag, dat die trane loop.
Van vlieg het hy gehou, al was dit ook met ‘n remote control.
Skryf was sy passie. Net jammer, sy boek het dit nooit gemaak nie.
Musiek was in sy are,al kon hy nooit speel op kitaarsnare.
Met sy kamera vang hy herinneringe vas. Bêre dit vir ‘n ander dag.
Draai sy nek om, maar jy kry vir Ou Jannie nooit in ‘n das.
Ou Oom Jan het geglo lag is al wat hom staande hou.
Al klap die lewe jou ook dwars, moet nooit ophou aan jou drome bou.
© Ryno du Plessis, 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.