
Beste INKers
Hierdie maand ondersoek ons die vryevers, opinies en blitsfiksie.
GEDIGTE:
1. Skryf ‘n vryevers (geen rym, geen rigiede vorm)
2. Die onderwerp vir jou vers is geheel jou eie keuse.
3. Daar is geen voorgestelde lengte nie.
4. Spelling en ander digterlike reëls bly van toepassing.
PROSA:
1. Skryf hierdie maand ‘n sterk opiniestuk oor ‘n onderwerp waaroor jy ‘n oortuigende mening het.
2. Daar is geen taboes nie, so jy mag jou mening oor enigiets uitspreek.
3. LET WEL: Daar is geen rede om in die geskrewe woord van krutaal gebruik te maak om jou opinie te lig nie.
4. Spelling en konstruksie is ononderhandelbaar.
VERHALE:
1. Skryf ‘n blitsfiksie van minder as 250 woorde.
2. Onderwerp is geheel jou eie keuse.
3. Gebruik die beperkte woordtelling om ‘n treffende storie te skep.
4. Spelling en ontwikkeling bly die hoogste prioriteit.
Innoverende mense skryf in Afrikaans.
Skryfgroete
Projekbestuurder.
*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS BY GEDIGTE EN VERHALE AFDELING EN 3 INSKRYWINGS BY DIE PROSA AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR GEDIG PUBLIKASIES ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PROSA EN VERHAAL PUBLIKASIES. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.