Jongste aktiwiteit:

ProjekteSeptember 2026 – My OPINIE projek(Bladsy 2)

Beste INKers

Hierdie maand ondersoek ons die vryevers, opinies en blitsfiksie.

GEDIGTE:
1. Skryf ‘n vryevers (geen rym, geen rigiede vorm)
2. Die onderwerp vir jou vers is geheel jou eie keuse.
3. Daar is geen voorgestelde lengte nie.
4. Spelling en ander digterlike reëls bly van toepassing.

PROSA:
1. Skryf hierdie maand ‘n sterk opiniestuk oor ‘n onderwerp waaroor jy ‘n oortuigende mening het.
2. Daar is geen taboes nie, so jy mag jou mening oor enigiets uitspreek.
3. LET WEL: Daar is geen rede om in die geskrewe woord van krutaal gebruik te maak om jou opinie te lig nie.
4. Spelling en konstruksie is ononderhandelbaar.

VERHALE:
1. Skryf ‘n blitsfiksie van minder as 250 woorde.
2. Onderwerp is geheel jou eie keuse.
3. Gebruik die beperkte woordtelling om ‘n treffende storie te skep.
4. Spelling en ontwikkeling bly die hoogste prioriteit.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder.

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS BY GEDIGTE EN VERHALE AFDELING EN 3 INSKRYWINGS BY DIE PROSA AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR GEDIG PUBLIKASIES ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PROSA EN VERHAAL PUBLIKASIES. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.

Waarskuwing vir sensitiewe lesers: Een grafiese beskrywing in verhaal Die nuwe, peperduur vleismes se besonderse sierlikheid vang haar oog waar dit in die lug huiwer. Die vlymskerp lem is ideaal om skaapboud en varknek in perfekte skywe te sny, maar dit gaan binne sekondes bloedbevlek wees…dink sy spytig. Dan laat sak sy haar hand met […]

Die son het oor Keetmanshoop se sinkdakke gebrand toe die pouseklok gelui het. Sus het haar kosblik oopgeklik. Toe het sy Betsie se spottende stem gehoor. “Kyk hoe lyk jou skoene, Lilly!” het Betsie katterig gelag. “Kom hulle van die ashoop af?” Sewejarige Lilly se wange het vuurrooi geword. Sy het haar stukkende tekkies probeer […]

Ek verlang na die dae toe geduld nog ’n nasionale sport was. Vandag leef ons in ’n wêreld waar mense ’n emosionele ineenstorting kry as die mikrogolfoond langer as dertig sekondes neem, maar in die 80’s en 90’s was ons geharde veterane van die wagkamer van die lewe. En dit was ’n oneindig makliker, skoner […]

In 1986 was die plaaslyn Ogies-kontrei se onoffisiële intelligensiediens. As die swart telefoon met twee kort luie geklingel het, het Malie se hand die gehoorstuk getref voor die klank kon klaarmaak. Dit bring ons by Groot-Gert se weghol-vark wat soek geraak het. Die lyn was staties, en Groot-Gert se swaar stem het gekraak: “Die swyn […]

Die drukpot het nie net gekook nie; dit het gedetoneer. ‘n Kwartier voor my nuwe skoonouers sou instap, het ’n tuisgemaakte pampoen-atoombom teen my kombuisplafon ontplof. Oranje slym het soos ’n aktiewe dreigement daarbo gehang. Generaals weet wanneer om ’n slagveld prys te gee. Ek het die kombuisdeur dig agter my gesluit en die stoep […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed