wetenskap
weet en skep
indikasie – kennis
goed nagevors, toegepas
wetenskap is geen idiologie
eerder die vrug van Godgegewe
ontwikkelende mensebrein
solank dit aangewend word
om die mens se lewe
te verbeter
bly dit
aktueel-
wyk dit af
na allerhande
ontploffende valswaarhede
word dit die idiologie
van mense-idiotika
daarteenoor staan
cochlear inplantings
vir die wat nie kan hoor
bioniese oë vir die blindes
kunsledemate, organe
vir die wat wil leef
dalk
brein-stimulant-inplantings
vir die slagoffers van
dwelmverslaafde
ouers
in die oë
van ’n dwaas
is wysheid vaag
en onbekombaar
selfs ’n bedreiging
vir sy voortbestaan
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.