Verwerp.
Lentebloeisels bloei
nie aan die bome in my straat nie
en die volmaan gloei nie vanaand nie.
Verlange krap in my hart.
Ek stap ’n enkelspoor pad.
Ek bedek
buite beherende
springende emosies
met ’n laag ontkenning
en ’n glimlag.
Terwyl ek onbewustelik my teëstand weerspreek.
Terwyl ek onwetend
met ’n hoopvol gemoed
alleenlik op jou wag.
© Anria Breed.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.