
‘n Tweede kans
‘n Tweede kans
Jy … ja jy …
Jy … jy sonder tande
wat altyd lag
jy … jy sonder ‘n haarstyl
geen sjampoe en sonder kam
jy … jy met vuil skurwe hande
wat op ‘n oorskietkossie wag
jy … jy met ‘n oopgaap skoenpunt
wat jou tyd in parke verwyl
jou lyf van min kos tam en lam
soek jy ‘n tweede kans?
jy sing uit volle bors
jy glimlag sonder geldjie in jou bakhand
jy drink water as die honger erg word
jy haal jou verslete hoed vol respek af
jy bid elke dag elke nag
dat jou tweede kans op jou wag
ja … jy wat stort in die reën
dans in die genade van bo
jy … jy die lewe het jou versaak
geen plekkie onder die son
nie jou keuse nie jou eie wil
jy … jy was eens met rykdom geseën
het in bedrieërs geglo
jy … jy wat nou op aalmoese versadig raak
bewerig en sonder ete – die maan en sterre jou plafon
word snags koud onder koerantkomberse stil
jou wens dalk … soek jy ‘n tweede kans?
©Kopiereg Linda du Plessis 17/11/2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.