Jongste aktiwiteit:

Jou lewensvuur

“We can burn brighter than the sun” – Fun.

weghardlopers in die doolhof van lewe
volg patroonlyne oor wat ons wil hê
probeer die regte lewensdeur te vind
om die grafiese lewensteorie op te los

in woede behaal bitter sukses
volmaakte sirkel op ons wenslysie
gesufte siele verlore in die gange
geen kennis oor oneindige boomroetes

jy moet helderer skyn as son in die donker doolhof
sonder struikel skakel aan jou l e w e n s v u u r

Kopiereg: Roeline van Schalkwyk

‘n Perfekte doolhof sonder sirkelroetes is ‘n voorbeeld van boom (in skuinskrif) gebaseer op ‘n grafiese teorie (graph theory). Kan gaan Google – baie interessant.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed