Gatsrand #silwer
Gatsrand Ag moet nou nie maak asof jy nie van Gatsrand af kom nie, niks van niemand weet nie. Daar waar die goue steentjies wegkruip giggel geel graan golf oor Gatsrand en berge en dale kartel soos plooie. Gatsrand kry sy lêplek teen die Witwatersrand suidwes van die Goudstad waar boere en myners hand aan […]
Melkbos
Die eerste ding wat Lien Meiring in Uis leer, is dat hout ook kan doodmaak. Sy staan langs die pad waar ’n ry klipgrafte laag teen die grond lê en tel hulle sonder om haar lippe te beweeg. Een, twee, drie. By elf hou sy op. Die wind waai warm stof teen haar kaal enkels […]
Die man sonder naam
Die Man Sonder ‘n Naam Dit was bibberkoud, daar in die Stad van Goud. Die trein het pas gestop. Moeg en verdwaal, my mense het vergeet om my te kom haal. Met koffie in die hand staan die man met ‘n outydse pet, serp en jas. Snoesig toegedraai, maar die koue kleef aan sy neus. […]
Lisa
Lisa Haar ouers het geboer doer diep in die Suide. Gras was skaars, die klippe swart. Stof het in boë gestaan en die windpomp het steeds droogte beleef. Lang bruin hare, effe gekrul. Ek wens ek kon die kleur van haar oë onthou, maar hulle het net geweet hoe om grond vas te staar. Sy […]
Ai tog Suid-Afrika
Ai, tog Suid-Afrika Soveel haat, soveel seer. Duidelik kan niks die woede keer. By Madiba het ons almal soveel geleer. Haat is die ergste geweer. Met vrede kan ons alles saam beheer. Maar soos die tyd aanbeweeg, vergeet ons die goue les. Sou ons ooit die rede kon ontbloot, kon ons almal saam vaar op […]
Thula Bethulie
(1498) BRONS Thula Bethulie Bethulie, deur God gekies. Sy onthou nog die dag toe hulle besluit het om daar te gaan bly. Hendrik kon nie ophou praat nie. “Het jy geweet,” babbel hy, “die San mense het eerste hier gebly. In 1828 het die Britte ‘n sendingstasie in die Xweida gebied, wat modderige plek beteken […]
Die Vallei van Verlore Vee
Brons gradering Die Vallei van Verlore Vee Op hierdie grond het mense hul gevestig Eeue lank het hul vee hier gewei maar die vee het spoedig begin verdwyn sonder verduideliking, sonder rede Kort voor lank was die vallei verlate Sonder vee Sonder mense maar beslis nie sonder geskiedenis Die raaisel bly vandag nog staan Die […]
Tannie Baba en die Bagasie
Tannie Baba en die Bagasie Ek onthou haar goed, die tannie met die gelapte rooi hoed. ‘n Boervrou van formaat, het sy haar kinders streng grootgemaak. ‘n Rasperstem en grys boor-oë was haar kenteken. Een oog op die dop, die ander op ander se lewens. Nie om te krap nie, maar om te kan help. […]
Oom Martyn se Velskoene
Oom Martyn se Velskoene Daar waar wiele nog moes wag, het sy ou velskoene al lank ‘n spoor getrap. Effe krom bene, broek te groot, besig om te beduie— onthou ek sy beeld soos ‘n laaste foto. Tjekknoopieshemp,altyd aan die uithang, met vingers vol gom. “Oom Martyn, gooi tog weg daardie skoene. Geen plak sal […]
[SILWER] – TSITSIKAMMA
TSITSIKAMMA Tsitsikamma plek waar druisende waters praat en mistige gebede teen die bergwand laat waar riviere hul geheime deur die klowe dra en die see se blou verlange aan die rotse kla *** die naam is uit die ou taal van die aarde gebore waar elke stroom nog die stem van voorouers bewaar onder geelhoutreuse […]