Lisa
Lisa
Haar ouers het geboer doer diep in die Suide.
Gras was skaars, die klippe swart.
Stof het in boë gestaan en die windpomp het steeds droogte beleef.
Lang bruin hare, effe gekrul.
Ek wens ek kon die kleur van haar oë onthou, maar hulle het net geweet hoe om grond vas te staar.
Sy kon toor met ‘n klavier. Selfs dié sonder ritme het lus gekry om te dans.
Op die tweespoorpad, met ‘n bokstas in haar hand, het ek haar gewaar.
My gebreekte Ford het met genade voortgery.
Ek het gestop.
Lisa, soos altyd, stil. Haar oë op die grond.
“Tot waar?” vra ek.
Sy antwoord, iewers tussen skaam en bang:
“Tot daar waar die bote vaar.”
Na daardie dag het niemand vir Lisa ooit weer gewaar.
Haar ouersbaklei vir ‘n beurt om die pos te gaan haal.
Net dalk is daar nuus. Net dalk laat weet Lisa sy kom terug.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.