My Psalm net vir U
My Psalm net vir U
Dal van doodskadu moes ek nog leer verstaan.
Prys die Heer met blye galme
was groot en vaag.
Here, hier in my lewe
het ek self my toekoms vertraag,
gaan loop waar die pad
U nie behaag.
Donker dae het my kom haal.
Skuld het aan my gevreet,
U het van alles geweet.
Moeg geloop en val,
hier in die dooie dal,
was die Hemel se deure
toe geslaan.
Dit is heilig
vir net die wat
voor U troon mag staan.
Stukkend en gebreek,
niks meer oor om saam te dra
of selfs te bring,
sluit U die deure oop en sê:
“My kind,
Ek het vir jou gewag.”
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.